
Gewone Skype het baie mense verlos van duur internasionale oproepe en vriende en familie nader aan mekaar gebring. Die sagteware en veral Skype se algoritmes vir die verspreiding van die netwerkverkeer het eenvoudig net goed gewerk.
Skype for Business is eintlik Lync, die opvolger van Office Communicator 2007. Dit is 'n Microsoft-produk wat gebaseer is op uibreidings tot die SIP-protokol. Dit is dus nie 'n diensuitbreiding van die gewone Skype-produk, soos die naam dalk aandui, nie.