Dié voorbeeld wys uit wat die probleem is met die kwota-stelsel: mense wat in die verwysingstydperk baie elektrisiteit gebruik het word beloon deurdat die vorige hoë gebruik as gebruiksreg aan hulle toegestaan word onderwyl mense wat min gebruik het belas word met 'n verdere besparing. Dié wat voorheen die verwarmer die hele winter aan gelos het, sal dit baie maklik vind om aan die kwotas te voldoen. Wat staan die verstandige gebruiker nou te doen? Moet net nie meer as die verpligte hoeveelheid elektrisiteit spaar nie, want anders gaan jy met die instel van die volgende - nog strenger - kwotas regtig bars.
Die instel van 'n kwota kom neer op die skep van 'n bate. Dit gee jou die reg tot gebruik van 'n hulpbron, teen 'n vasgestelde tarief. Jy "besit" dus nou iets wat jy voorheen nie gehad het nie. In die geval van die Eskom-kwota kom dít neer op 'n massiewe oordrag van hulpbronne na die "bevoorregtes" (teen wie ek, anders as Alec Erwin, niks het nie), of 'n ondergroep van "bevoorregtes". Ek wonder, terloops, wat Eskom gaan maak met nuwe huise en besighede?
Opsomming: Die kwota-stelsel vir elektrisiteit "straf" wel die sameleweing vir hoë kragverbruik, maar dit beloon hoë gebruik (in die verlede) deur die individu. 'n Redelik persoon sal uit dié ervaring die verwagting ontwikkel dat verder kwotas toegepas gaan word en dat hoë verbruik vandag (môre se verlede) weer beloon sal word.
Lees- en kykstof:
- SA enters power rationing phase : http://www.moneyweb.co.za/mw/view/mw/en/page62093?oid=199024&sn=Detail
- Eskom insists on 10% cut for homes, offices
- Kragrantsoenering 'n resep vir chaos (brief van ene Gerhard op LitNet) : http://tinyurl.com/27eo6q
- Carte Blanche oor die Eskom-krisis (met klem op die steenkoolreserwes) : http://www.youtube.com/watch?v=QWCFExYQ2NA
- Skielik is die liggies af (deur Leon Schuster - nog iets waarvoor ons Eskom kan blameer) : http://www.youtube.com/watch?v=_tejC5jd244
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking